Kameeldrift  Krisis Sentrum                  

Kameeldrift Crisis Centre

Home Bestuur management Beleid/Policy Nuus/News Training Opleiding Contributions ICE Misdaad/Crime Emergency Nbrs Safety Responsibity Trauma

 

 

Nuusbrief en Inligting

Op 7 November 2006 open die Kameeldrift Krisissentrum sy deur vir die publiek. Hierdie opening is voorafgegaan deur beplanning en opleiding van beraders. Dr Pixie du Toit, Hoof is van die Sinoville Krisissentrum het met raad en advies ons gehelp om die sentrum op die been te kry. Sy  het ook die opleiding van die beraders hanteer. Vir ses weke, elke Woensdag, is geskikte mense opgelei en vaardighede gegee sodat ons die kundigheid sou he om die werk te kan doen.

Magriet en Willie Lubbe het toegesien dat die nodige stoele en ander skenkings bymekaar gemaak word en het met die SAPD gereel vir die lokaal waar ons die berading sou doen.

So was daar ook ander mense wat nie tyd of geld ontsien het nie en wat sorg gedra het dat alles in plek kom.

Die eerste vergadering van die Krisissentrum is gehou op 22 November en daar is reeds sterk leiding gegee oor die funksionering van die sentrum. Die bestuur het ook elkeen 'n portufeulje gekry.

Hierdie vergaderings gaan ook dien as geleenthede vir volgehoue opleiding en sprekers sal die vergadering toespreek oor relevante onderwerpe.