|
Afrikaans
Opleiding:
Indien u graag 'n berader wil word, moet u die nodige opleiding
doen, wat behels dat u 'n ses weke kursus op krisisintervensie moet deurloop.
Daarna word beraders voorturend aan opleiding en insidente blootgestel om
sodoende op datum te bly.
Die ses weke kursus word deur dr Pixie Du Toit aangebied en behels die
volgende:
-
Orientering
-
Selfportret
-
Verplaasde trauma
-
Profiel van die getraumatiseerde persoon
-
Persoonsgesentreerde ondersteuning
-
Krisisintervensie en ontlonting
-
Groepsontlonting
-
Ontlonting van kleuters
-
Ontlonting van kleuters, tieners en adolesente
-
Die invloed van kultuurverskille op krisisintervensie
Opleiding geskied aan mense tussen die ouderdomme van 25 en 65,
wat ook oor sekere lewenservaring sal beskik.
Persone wat opgelei word, moet nie nog self dra aan onopgeloste
emosionele trauma nie, omdat die hantering van ander se probleme dalk ook hulle
eie slegte ervarings gaan oopruk.
Deugde wat die persoon moet he, is geduld - baie daarvan, Jy
moet kan omgee vir ander en bowenal, moet jy kan luister en seker maak dat jy
die getraumatiseerde persoon reg verstaan.
Die opleiding bied nie net insig vir berading nie, maar is ook
nuttig vir kerkraadslede wat besoeke moet bring aan lidmate wat deur dood,
misdaad, of enige soortgelyke situasie gegaan het.
Dit is van die uiterste belang dat beraders selfs na die kursus,
sal voortgaan om self studie te doen en om die kursusmateriaal oor en oor te
bestudeer.
Daar gaan gevalle wees waar meer professionele hulp, soos die
van sielkundiges gaan benodig. Die berader moet dit kan identifiseer en
moet begrip he vir die omvang van die hulp wat hy kan en mag aanbied.
|
English Training
There are numerous ways in which you may assist the crisis centre. You
may donate funds towards the operational costs of the centre, you may
volunteer to be trained as a coucillor, or you may do both.
The training course developed by Dr Pixie du Doit is a six week course which includes
matters such as:
- Orientation
- Self portrait (Know yourself)
- Displaced trauma
- Profile of the person in trauma
- Human support
- Crisis intervention and emotional diffusion
- group Diffusion
- Diffusion of children
- Emotional diffusion for teenagers and adolescences.
- The influence of crisis intervention at different cultural levels.
People who want to be trained must be between the ages of 25 and 65.
Such people must never still be battling with their own
unresolved emotional scars.
For instance if the councillor was, herself, a
victim of rape , and is still fighting emotions of anger, humiliation, pain, sorrow,
regret, guilt, fear of aids and other STD's and possible pregnancy,
is hardly in a position to support another
person in a similar situation.
The qualities that are required are patience, the ability to listen with
empathy, a caring personality. Make sure you understand the problem. Don't
get emotional. Never be prescriptive. Know what to say and do and what to
avoid.
Further self study after the course is imperative.
The course is very enriching and is valuable in more areas than just
councilling.
Councillors who are not Psychiatrists or psychologists will not
intervene at these levels, but will refer victims to professionals when
required.
|