|
English
Trauma is the impact that a person experiences after
confronted by an unpleasant experience that has had a devastating effect on
that person.
The causes of trauma are numerous and may include such
factors such as bereavement, addiction, violence, accidents and more often
than not, crime.
In some cases the trauma may be brought about by the
conditions under which people have to work. Police officers who are
constantly under threat of death and who have experienced a number of
incidents of shoot outs where they have lost colleagues, are an example of
this category. The same applies to soldiers who have seen action and
develop conditions referred to as battle fatigue, bomb shock, or Bossies
Being subjected to such conditions over extended periods
may result in personality changes, substance abuse and a deterioration of
family ties.
Like wise people who have been Survivors of violent crimes
may experience a personality changes and become more aggressive, develop
phobias or become suicidal.
Regrettably South Africa has become a hot spot for violent
crime and the effect on the population has been devastating. Much of the
road rage may be attributed to this.
Crisis intervention may help, not only the Survivors,
but also their immediate family to be able to understand these issues and
to support their loved ones when they go through these phases.
Get help
Get help, don't let a crisis take control of your life.
Speak to a councilor at the crisis centre. The centre is manned by
competent people who will guide you towards restoring your life.
The centre will help you come to grips with the trauma
you have suffered and to work through your emotions. It will assist you in
taking back your self esteem and to put the event behind you.
Your situation will be handled in a professional,
confidential and dignified manner.
You will be allowed to express your anger, frustration,
disappointment and feelings without any inhibitions. You may rest assured
that your feelings will be respected.
Some of the effects that people may suffer as a result
of Post traumatic stress are
|
Afrikaans
Trauma is die effek wat iemand ervaar wat deur 'n
onaangename gebeurtenis gekonfronteer is. Goed soos misdaad, moord, 'n
motorongeluk, die dood van 'n geliefde en egskeidings, is voorbeelde van
gebeurtenisse wat mense se lewens omdolwe en uitmekaar skud.
Die SAPD wat elke dag met geweld te doen het en op wie
geskiet word, is veral uitgelewer aan trauma. Weermags lede wat diens
gedoen het en in insidente betrokke was, is ook daaraan blootgestel.
Hoewel iemand na 'n rooftog nie altyd sal erken dat die
gebeure hom of haar geskud het nie, gaan dit op die een of ander wyse die
persoon se lewens uitkyk verander.
Die effek kan wees dat 'n kalm en bedaarde persoon, skielik
aggresief en moeilik word Ander simptome is depressie, skielike pad
woede, sommige mense gryp na die bottel. Egskeiding is ongelukkig ook
die gevolg van trauma, veral as dit voor die tyd reeds 'n opdraende stryd
was.
Indien die gade van 'n persoon wat geraak is, weet van die
waarskynlike gevolge, kan dit help om te verstaan en te ondersteun.
Moenie dat 'n krisis die oorhand oor jou lewe kry nie.
Praat daaroor, hulp is 'n gesprek ver.
Neem beheer terug oor jou lewe.
Ons groep beraders beskik oor die nodige agtergrond om u by
te staan in u uur van nood.
By die Kameeldrift Krisissentrum bestuur ons trauma deur
ontlonting en emosionele ondersteuning
Ons hanteer elke besoek met die grootste deernis, respek en
nodige vertroulikheid
Ly u dalk aan Post Traumatiese Stres (PTS)?
Dit is die herlewing van 'n traumatiese gebeurtenis of
insident oor 'n lang tydperk. PTS tree gewoonlik in nadat 'n individu
blootgestel is aan die een of ander vorm van trauma of die slagoffer was
van geweld of misdaad. Simptome van PTS sluit gewoonlik die volgende in
-
Herhaalde terugflitse van die insident
-
Slaaploosheid en 'n verlies aan slaap
-
Gereelde nagmerris
-
Oorweldigende gevoel van angs
-
Abnormale agressie
-
Hoe vlakke van irritasie
-
Verminderde belangstelling
-
Verandering in eetpatroon.
|