Kameeldrift  Krisis Sentrum                  

Kameeldrift Crisis Centre

Home Bestuur management Beleid/Policy Nuus/News Training Opleiding Contributions ICE Misdaad/Crime Emergency Nbrs Safety Responsibity Trauma

 

 

 

Verantwoordelikhede  Responsibilities

Afrikaans

Verantwoordelikhede

Hierdie bladsy kan nie al die verpligtinge lys wat u het nie. Tog is daar 'n paar waaraan u moet kennis neem.

Versuim kan ook 'n oortreding van die wet wees.

As u bewus is van kinders wat gemolesteer word, en u meld dit nie aan nie, het u 'n wetlike verpligting versuim en kan u aangekla word. 'n Ouer kan nie maar gelate toesein hoe 'n  stiefouer sy of haar kind mishandel of misbruik en dit nie rapporteer nie.

U het 'n wetlike verpligting om toe te sien dat gevaarlike vuurwapens nie in verkeerde hande beland nie. Kluise is 'n verpligting en die beheer van die sleutels is u verantwoordelikheid.

Dra sorg dat medisyne nie binne kinders se bereik is nie.

Sorg dat u plaas- en huisgifstowwe, plantdoders,  chemiese middels en vuurhoutjies  nie in verkeerde hande beland nie.

Beveilig u swembad so goed as moontlik.

Met die dood van iemand, is u verplig om die vuurwapens wat daardie persoon gehad het, aan te meld. Dit mag wees dat die wapens opgeneem word. U kan nie die wapens verswyg nie. Dan word dit onwettige wapens.

As u dalk oor sulke wapens beskik, en daar is 'n amnestie vir die inhandiging van onwettige wapens, maak dan gebruik daarvan. Wat ook al die omstandighede, gee die wapens in. U mag nie ongelisensieerde vuurwapens besit nie.

 

English

Responsibilities

Neglect to respond to certain situations may also constitute a violation of the law.

It is important to report crimes against children. A parent cannot be excused for not responding to child's abuse, neglect or incest, even if the perpetrator may be a steph parent or relative.

Ensure that medicines are stored out of reach of toddlers and uninformed people.

Keep your weapons in a safe and make sure that the key is in your possession at all times

Keep pesticides,  poisons, weed killers, matches  and dangerous chemicals in a safe place, out of reach of children and criminals.

Secure your swimming pool.

If you have lost a spouse,  and that spouse had a licensed fire arms, then these must be handed in. If you neglected to do so , come clean on the matter. Don't keep fire arms that are not licensed to you.