Beleid
Webblad onwikkel deur Carl Jordaan
Slegs krisiswerkers wat die nodige opleiding deurloop het verleen ondersteuining by die sentrum.
Daar sal gepoog word om dit so gemaklik moontlik te maak vir die persoon.
Die ontvanger sal met respek en waardigheid hanteer word.
Die mense moet toegelaat word om uiting aan hulle emosies of woede gee, dit is soms nodig om sonder vrees of oordeel te se wat nodig is.
Die beradings word vertroulik hanteer en slegs as die slagoffer dit verlang, sal ander persone ingelig word van die probleem.
Die berader is nooit voorskriftelik nie, is nooit veroordelend nie en sal nooit verwyt nie.
Die slgoffer sal toegelaat word om self sy eie besluite te neem. Die berader sal slegs, binne die wet, help om alternatiewe te oorweeg en om die gevolge van die besluit te weeg.
Indien verlang, kan met toestemming van die persoon, eksterne professionele hulp ingeroep word, bv n sielkundige of geneesheer. Sulke dienste sal , waar nodig, deur die ontvanger betaal word.
Beraders kan nie persoonlik betrokke raak by die probleme nie en sal nie by n hof kan pleit, geld leen of vervoer en huisvesting verleen nie.
Beleid