Bydrae
Webblad onwikkel deur Carl Jordaan
Skakels :-
Die bankbesonderhede is ABSA Bank Spaarrekeningnommer 9180739851 Taknommer 3335245 Derdepoort
Skenkings
Hierdie is 'n verdienstelike saak en u is welkom om 'n bydrae te maak. Daar is verskeie wyses waarop u kan bydra, naamlik: u kan van u tyd gee of 'n finansieel bydra maak of beide.
Die beraders tree gratis op en het ook self die koste van hulle opleiding gedra. Hulle enigste voordeel is dat hulle deel mag wees aan van slagoffer se herstel, na 'n gebeurtenis wat daardie persoon verpletter het.
Kostes wat die krisissentrum moet delg sluit die volgende in.
•Die telefoon huur.
•Koffie, tee, melk, suiker en beskuitjies wat vir die slagoffer aangebied word tydens berading
•Onderklere, waslappe, seep en dergelike items wat vir verkragting slagoffers gegee word. Slagoffers se klere word ingeneem vir forensiese ontleding en die mense het na die mediese ondersoek 'n behoefte om te bad of te stort en om skoon te maak.
•Sneesdoekies
•Sagte speelgoed vir kinders
•Handskoene, verbande, pleisters en dergelike noodhulp goedjies. Terwyl daar gewag word vir mediese behandeling sal beraders wat die nodige noodhulp kennis het poog om bloeding te stop en om oop wonde te verbind en toe te maak.
Indien u besigheid enige van hierdie items wil borg, sal u besigheid se naam by die lys van borge op hierdie web gevoeg word.
Die krisissentrum is onderworpe aan wetlike verpligtinge van beheer en verantwoordbaarheid van alle fondse wat ingesamel word.
Bydrae