ICE
Webblad onwikkel deur Carl Jordaan
ICE staan vir International Caller Emergency.
Indien iemand as gevolg van 'n ongeluk, besering of dood nie vir hom of haarself kan praat nie, kan belangrike kontak inligting op jou selfoon gestoor word onder die kontakte.
Stoor sulke inligting op die selfoon self en nie op 'n verwyderbare geheue nie.
Voorbeelde hiervan sou wees ICE Ma en die telefoon nommer van 'n ma, of ICE Vrou, gevolg deur jou vrou se telefoon nommer.
Noodwerkers sal altyd kyk of daar 'n ICE item onder die kontakte is en sal dan die persoon bel. Hierdie is 'n belangrike nood funksie, want noodwerkers het gewoonlik nie tyd om al die nommers te bel wat op die foon gestoor is nie.
Die ICE beginsel kan ook help om gesteelde selfone aan hulle wettige eienaars terug te besorg en as bewysstuk dat die selfoon gesteel is
Laat die Tegnologie vir jou praat, as jy nie kan nie.
ICE