Verantwoordelikheid

Webblad onwikkel deur Carl Jordaan

 Kameeldrift Krisissentrum

Konsultasie by die SAPD Kameeldrift elke dag vanaf 10:00 tot 12:00 en 16:00 tot 18:00

Hierdie bladsy kan nie al die verpligtinge lys wat u het nie. Tog is daar 'n paar waarvan u moet kennis neem.
Versuim kan ook 'n oortreding van die Wet wees.
As u bewus is van kinders wat gemolesteer word, meld dit aan. U het u 'n wetlike verpligting teenoor kinders. As U versuim kan u aangekla word. 'n Ouer kan nie maar net gelate toesien hoe 'n stiefouer sy of haar kind mishandel of misbruik en niks daaraan doen nie.
U het 'n wetlike verpligting om toe te sien dat gevaarlike vuurwapens nie in verkeerde hande beland nie. Kluise is 'n verpligting en die beheer van die sleutels is u verantwoordelikheid.
Dra sorg dat medisyne nie binne kinders se bereik is nie.
Sorg dat u plaas- en huisgifstowwe, -plantdoders, -chemiese middels en vuurhoutjies nie in verkeerde hande beland nie.
Beveilig u swembad so goed as moontlik.
Met die dood van iemand, is u verplig om vuurwapens wat daardie persoon besit het, aan te meld. Dit mag wees dat die wapens opgeneem word. U kan nie die wapens verswyg nie, want dan word dit onwettige wapens.
As u dalk oor sulke wapens beskik en daar is amnestie vir die inhandiging daarvan, maak gebruik daarvan. Wat ookal die omstandighede, gee die wapens in. U mag nie ongelisensieerde vuurwapens besit nie.