Opleiding
Webblad onwikkel deur Carl Jordaan
Die boek Hoop na Trauma bevat die nodige inligting om nie net n trauma sentrum te begin nie, maar ook die inligting wat krisiswerkers benodig om hulle werk te kan doen. Die materiaal word in diepte tydens n kursus van ses weke met studente behandel en bied die nodige toerusting. Die handleiding is te koop by Ds Kotze. gebruik die kontak ons opsie indien U n bestelling wil plaas.
Indien u graag 'n berader wil word, moet u die nodige opleiding doen. Dit behels dat u 'n sesweke-kursus oor krisisintervensie moet deurloop. Daarna word beraders voortdurend aan opleiding en insidente blootgestel om op hoogte te bly.
Die sesweke-kursus behels die volgende:
+Oriëntering
+Selfportret
+Verplaasde trauma
+Profiel van die getraumatiseerde persoon
+Persoonsgesentreerde ondersteuning
+Krisisintervensie en ontlonting
+Groepsontlonting
+Ontlonting van kleuters
+Ontlonting van kleuters, tieners en adolessente
+Die invloed van kultuurverskille op krisisintervensie
Opleiding geskied aan mense tussen die ouderdomme van 25 en 65, wat oor sekere lewenservaring beskik.
Persone wat opgelei word, moet nie nog self dra aan onopgeloste emosionele trauma nie. Die hantering van ander se probleme kan dalk ook hulle eie slegte ervarings weer oopruk.
Deugde wat die persoon moet he, is: geduld - baie daarvan; jy moet omgee vir ander; en jy moet kan luister en seker maak dat jy die getraumatiseerde persoon reg verstaan.
Die opleiding bied nie net insig vir berading nie, maar is ook nuttig vir kerkraadslede wat besoeke moet bring aan lidmate wat deur dood, misdaad, of enige soortgelyke situasie gegaan het.
Dit is van die uiterste belang dat beraders selfs na die kursus, sal voortgaan om selfstudie te doen en om die kursusmateriaal oor en oor te bestudeer.
Daar gaan gevalle wees waar meer professionele hulp, soos die van sielkundiges, benodig word. Die berader moet dit kan identifiseer en moet begrip he vir die omvang van die hulp wat hy kan en mag aanbied.
Opleiding