Trauma
Webblad onwikkel deur Carl Jordaan
Trauma beteken om stukkend te wees. In hierdie konteks is dit die slagoffer se binneste, emosies en gevoel wat uitmekaar geruk is. Dit is die effek wat iemand ervaar wat deur 'n onaangename gebeurtenis gekonfronteer is. Goed soos misdaad, moord, 'n motorongeluk, die dood van 'n geliefde en egskeidings, is voorbeelde van gebeurtenisse wat mense se lewens omdolwe en uitmekaar skud.
Die SAPD, wat elke dag met geweld te doen het en op wie geskiet word, is veral uitgelewer aan trauma. Weermaglede wat diens gedoen het en in insidente betrokke was, is ook daaraan blootgestel.
Hoewel iemand na 'n rooftog nie altyd sal erken dat die gebeure hom of haar geskud het nie, gaan dit op die een of ander wyse die persoon se lewensuitkyk verander.
Die effek kan wees dat 'n kalm en bedaarde persoon, skielik aggressief en moeilik word. Ander simptome is depressie, skielike padwoede en sommige mense gryp na die bottel. Egskeiding is ongelukkig ook die gevolg van trauma, veral as dit voor die tyd reeds 'n opdraende stryd was.
Indien die gade van 'n persoon wat geraak is, weet van die waarskynlike gevolge, sal dit help om te begryp en te ondersteun.
Moenie dat 'n krisis die oorhand oor jou lewe kry nie. Praat daaroor - hulp is 'n gesprek ver.
Neem beheer terug oor jou lewe.
Ons groep beraders beskik oor die nodige agtergrond om u by te staan in u uur van nood.
By die Kameeldrift Krisissentrum bestuur ons trauma deur ontlonting en emosionele ondersteuning
Ons hanteer elke besoek met die grootste deernis, respek en nodige vertroulikheid
Ly u dalk aan Post Traumatiese Stres (PTS)?
Dit is die herlewing van 'n traumatiese gebeurtenis of insident oor 'n lang tydperk. PTS tree gewoonlik in nadat 'n individu blootgestel is aan die een of ander vorm van trauma of 'n slagoffer van geweld of misdaad was. Simptome van PTS sluit gewoonlik die volgende in:
• Herhaalde terugflitse van die insident
• Slaaploosheid en 'n verlies aan slaap
• Gereelde nagmerries
• Oorweldigende gevoel van angs
• Abnormale aggressie
• Hoe vlakke van irritasie
• Verminderde belangstelling
• Verandering in eetpatroon.
Trauma